The following links lead to the full text from the respective local libraries:
Alternatively, you can try to access the desired document yourself via your local library catalog.
If you have access problems, please contact us.
345 results
Sort by:
"In Agter slot en grendel - lesse uit die grendeltyd, het Justin Dreyer het vir oor die 50 Suid-Afrikaanse Christene gevra om te skryf oor hoe die Covid-19-grendeltyd van 2020 hulle geraak het. Elke persoon wat deelgeneem het, vertel hoe hulle geaffekteer is, wat hulle daaruit geleer het en hoe hulle ander wil bemoedig. Die verhale is verteenwoordigend van soveel ander persone se ervarings regoor die w©®reld. Dit is dalk ook verteenwoordigend van jou eie verhaal. Of dalk n©♭t die bemoediging of inspirasie wat jy vandag nodig het"--Back cover
"Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag... Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy 'n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel. En onder alles loop 'n donker stroom."--Back cover
Uiters belangrike narratief oor skooltaalvoorkeur het hom tussen 2006 en 2010 in Suid-Afrika afgespeel. Hierdie gebeurtenisse het diep in die Suid-Afrikaanse onderwys- en taalwêreld ingesny, en ook in die buiteland belangstelling gelok. Die koerante het volledig daaroor berig: oor die hofsake, die skoolhoofde, die skole, ouers en die leerders. Maar hoe gemaak as onderwyskundiges, sosiolinguiste, taalbeplanners, taalhistorici en vaklui van aansluitende dissiplines later die punte van hulle vingers op die besonderhede van daardie gebeurtenisse wil lê?